Rishi Sunak | |
Rishi Sunak | |
Ampstermyn 5 Julie 2024 – 2 November 2024 | |
Monarg | Charles III |
---|---|
Eerste minister | Keir Starmer |
Voorafgegaan deur | Keir Starmer |
Opgevolg deur | Kemi Badenoch |
Ampstermyn 25 Oktober 2022 – 5 Julie 2024 | |
Monarg | Charles III |
Voorafgegaan deur | Liz Truss |
Opgevolg deur | Keir Starmer |
Leier van die Konserwatiewe Party
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 24 Oktober 2022 | |
Voorafgegaan deur | Liz Truss |
Chancellor of the Exchequer
Minister van Finansies | |
Ampstermyn 13 Februarie 2020 – 5 Julie 2022 | |
Eerste minister | Boris Johnson |
Voorafgegaan deur | Sajid Javid |
Opgevolg deur | Nadhim Zahawi |
Lid van die Volksraad vir Richmond (Yorks)
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 7 Mei 2015 | |
Voorafgegaan deur | William Hague |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Rishi Sunak (amptelike portretfoto) 12 Mei 1980 Southampton |
Politieke party | Konserwatiewe Party |
Eggenoot/-note | Akshata Murty (getroud 2009) |
Kind(ers) | 2 |
Alma mater | Lincoln College, Oxford |
Religie | Hindoe (Brahmin) |
Rishi Sunak (/ˈrɪʃiːˈsuːnæk/; gebore 12 Mei 1980) is 'n Britse Konserwatiewe politikus. Hy was van 25 Oktober 2022 tot 5 Julie 2024 die Eerste minister van die Verenigde Koninkryk. Hy is 'n Lid van die Britse Laerhuis vir die Richmond (Noord-Yorkshire) kiesafdeling sedert 2015. Hy het van 2020 tot 2022 gedien het as Minister van Finansies, nadat hy voorheen van 2019 tot 2020 as hoofsekretaris van die tesourie gedien het. As lid van die Konserwatiewe Party was hy sedert 2015 die parlementslid (LP) vir Richmond (Yorks). Nadat Boris Johnson sy bedanking in Julie 2022 aangekondig het, het Sunak 'n onsuksesvolle poging aangewend om partyleier te word. Hy het nog 'n poging aangewend ná die bedanking van Liz Truss in Oktober 2022. Hierdie keer was hy suksesvol.
Gebore in Southampton met Punjabi's-ouers wat in die Indiese diaspora in Suidoos-Afrika grootgeword het[1] - sy vader is in Kenia gebore en sy moeder in Tanganjika (tans Tanzanië).[2] Sunak is by Winchester Kolleage opgelei. Hy het daarna filosofie, politiek en ekonomie aan Lincoln Kollege, Oxford, studeer en later 'n Meestersgraad in Besigheidsadministrasie aan Stanford-universiteit as Fulbright-beurshouer verwerf. Terwyl hy by Stanford studeer het, het hy sy toekomstige vrou Akshata Murty ontmoet, die dogter van N. R. Narayana Murthy, die Indiese miljardêr-sakeman wat Infosys gestig het. Sunak en Murthy is die 222ste rykste mense in Brittanje, met 'n gesamentlike fortuin van £730m in 2022.[3] Nadat hy gegradueer het, het hy vir Goldman Sachs gewerk en later as 'n vennoot by die verskansingsfondsfirmas The Children's Investment Fund Management en Theleme Partners.
Hy is tydens die algemene verkiesing van 2015 vir Richmond verkies en het in Theresa May se tweede regering gedien as parlementêre vise-sekretaris van plaaslike regering. Hy het drie keer ten gunste van May se Brexit-onttrekkingsooreenkoms gestem. Nadat May bedank het, was Sunak 'n ondersteuner van Boris Johnson se veldtog om konserwatiewe leier te word. Nadat Johnson verkies is en as premier aangestel is, het hy Sunak as hoofsekretaris van die tesourie aangestel. Sunak het Sajid Javid as Minister van die Finansies vervang ná sy bedanking in Februarie 2020.
As Minister van die Finansies was Sunak prominent in die regering se finansiële reaksie op die Covid-19-pandemie en die ekonomiese impak daarvan, insluitend die verlof- en Eat Out to Help Out-skemas. Te midde van die Partygate-skandaal het hy die eerste Minister van Finansies in die Britse geskiedenis geword wat 'n sanksie gekry het vir die oortreding van die wet terwyl hy in sy amp was, nadat hy 'n vaste boetekennisgewing uitgereik is vir die oortreding van Covid-19-regulasies tydens inperkings. Hy het op 5 Julie 2022 as Minister van die Finansies bedank, met verwysing na die ekonomiese beleidsverskille tussen homself en Johnson in sy bedankingsbrief.[4] Sy bedanking het gelei tot 'n massa-eksodus van ministers uit die Johnson-regering, wat 'n hoogtepunt bereik het met Johnson se bedanking.[5]
Op 8 Julie 2022 het hy sy kandidatuur aangekondig om Johnson in die konserwatiewe partyleiersverkiesing te vervang.[6] Op 20 Julie het hy die eerste keer onder konserwatiewe LP's gepeil.[7]